AD HOC-KOMITEE: VERKORTE VERSLAG VAN OORBLYWENDE LEDE VAN DIE KOMITEE

INDEKS:

  1. Lys van Afkortings:
  2. Stelling van Opdrag:
  3. Inleiding
  4. Werksaamhede van Ad hoc – komitee.
  5. Historiese gebeure voor Januarie 2013:
  6. Besluite van Bonds- en ander vergaderings:
    • Januarie 2013 tot Julie 2013.
    • Julie 2013 tot Junie 2014.
    • Junie 2014 tot September 2015.
    • September 2015 tot September 2016.
    • September 2016 tot September 2017
  7. Gevolgtrekking
  8. Verhouding tussen kerk en vereniging
  9. Bylaes en dokumente.
  10. Bylaag 1: Agenda van AHK: 3 November 2017
  11. Bylaag 2: Rapporteringsverslag van Ouderlinge P.J. Greyling en J.H. Greyling van 9 November 2017
  • Bylaag 3: Uittreksel uit Notule van Bondsvergadering – 2013 –Tuine
  1. Bylaag 4: Konstitusie van die GHGV – 9 September 2013
  2. Bylaag 5: Volledige Notule van Bondsvergadering – 2014 – Theresapark
  3. Bylaag 6: Konstitusie – 23 Januarie 2015
  • Bylaag 7: Volledige Notule van Bondsvergadering – 2015 – Meyerspark
  • Bylaag 8: Volledige Notule van Bondsvergadering – 2016 – Grootvlei
  1. Bylaag 9: Volledige Notule van Bondsvergadering – 2017 – Schweizer-Renecke
  2. Bylaag 10: Verslag van oudl. Jan Greyling: September 2016
  3. Bylaag 11: Missiestelling van GHG
  • Bylaag 12: Kernwaarhede
  • Bylaag 13: Korrespondensie

  1. Lys van afkortings:
Afkorting Betekenis Afkorting Betekenis
AHK Ad hoc – komitee KM Kuratorium
BV Bondsvergadering BEP Beskrywingspunt
NHKA Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika KOMvAKV Kommissie van die Algemene Kerkvergadering van die NHKA
AKV Algemene Kerkvergadering van die NHKA SH steedsHervormers
GV Gemeentelike vrywillige vereniging met lidmate van die betrokke gemeente as lede PSS Presbiteriale-sinodale kerkregering stelsel
GHGV Geloofsbond van Hervormde Gemeentes Vereniging GHG, Bond of Geloofsbond Geloofsbond van Hervormde Gemeentes
Finkom Finansiële Komitee AJ Algemene jaarvergadering van GHGV
RvO Reglement van Orde

  1. Opdrag:

Die opdrag aan die AHK was die volgende:

“BESLUIT

In die lig van die omvang van die bespreking en die werk wat hieruit kan voortvloei word ʼn Ad hoc komitee aangewys om oor die verhouding tussen kerk en vereniging en relevante sake te besin, na te vors en te bespreek en ʼn verslag met voorstelle aan die vergadering voor te lê.

Die volgende afgevaardigdes word as lede van die komitee aangewys:

Dr. J Otto (Sameroeper)

Oudl. JH Greyling

Oudl. PJ Greyling

Dr. MA Botma

Adv R (Reinettte) du Plessis

Adv R (Roelof) du Plessis

Ds PR Schoeman

Die komitee kan lede koöpteer met die oog op die afhandeling van die opdragte.”

(Sien Bylaag 1)

In hierdie verslag sal daar hierna verwys word as die “Opdrag” aan die AHK

  1. Inleiding:

Die opdrag aan die AHK was ‘n baie breë opdrag vermoedelik met die oogmerk om die sake so volledig as moontlik te kan bespreek, daaroor te besin en aanbevelings aan Bondsvergadering te kan maak.

Uit die inhoud van die Opdrag is dit duidelik dat daar twee strukture naamlik kerk en vereniging bestaan. Juis omdat daar twee strukture bestaan, moet die verhouding tussen die twee strukture bepaal word. Die ander relevante sake soos in die Opdrag uiteengesit, moet aan die hand van hierdie verhouding, soos en wanneer bepaal is, ondersoek word.

Dit is van kardinale belang dat daar vanuit die staanspoor besef moet word dat die Opdrag beperk was tot ‘n ondersoek na die strukture van kerk in hierdie wêreld. Die gebruik van die term “kerk” in hierdie verslag moet aldus so verstaan en toegepas word.

Ten einde relevant vir die GHG te wees, is die logiese vertrekpunt die historiese gebeure wat aanleiding tot die vorming van die Bond gelei het van wesentlike belang. Daarna moet daar na al die vorige besluite wat bevoegde vergaderings van die Bond geneem het en wat relevant tot kerk en/of vereniging kan wees, ondersoek word. Voortvloeiend hieruit kan die verhouding dan bepaal word.

Terwille van die goeie orde, sistematisering en metodiek gaan hierdie besluite in die historieslyn nagevors word.

Die volledige verslag met aanhangsels beloop etlike honderde bladsye. Gevolglik is daar besluit om ‘n verkorte verslag voor te lê. Daar word ook verskoning aangebied dat die verkorte verslag op hierdie onkonvensionele wyse voorgelê word. Die redes hiervoor blyk uit die bespreking van die werksaamhede van die AHK hieronder asook uit die voorsitter en ander lede se reaksie t.o.v. die reaksie op die Rapporteringsverslag van 9 November 2017. Dit word ook so gedoen om die verdere viktimisasie en intimidasie van ouderling Jan Greyling se gemeente. Die Hervormde Gemeente Oshakati, te voorkom. Ten slotte was dit ook dr. Otto se mening dat geen verslag moontlik is nie. Dit vloei natuurlik uit ‘n foutiewe verstaan van die Opdrag en die mandaat aan die AHK.

  1. Werksaamhede van die AHK:

Die Ad Hoc Kommittee vergader op die 3de November 2017.  Met die aanvang van die vergadering is dr. Otto as voorsitter en oudl. Jan Greyling is as sekretaris verkies. Hierdie vergadering het ontaard en totaal buite beheer van die voorsitter geraak tot so ‘n mate dat dit nie eens met ‘n gebed afgesluit is nie.

Die vergadering begin met ‘n persoonlike aanval deur adv. Du Plessis op ouderling Jan Greyling wat mettertyd uitbrei na ouderling Pieter Greyling. Dit het verder duidelik uit van die stellings wat gemaak was, geword dat daar vooraf ‘n samespanning tussen dr. Otto en adv. Du Plessis was om die oogmerk te bereik. Dit is waarskynlik ook die rede waarom dr. Otto beheer verloor het. Dit is vererger deurdat dr. Otto na adv. Du Plessis SC as ‘n lidmaat van Meyerspark gemeente verwys het, wat bevestig is deur die gemelde advokaat terwyl Ds. Oosthuizen dit tydens die Bondsvergadering van 2017 ontken het. Die ander teenswoordige lede synde Ds. Oosthuizen, Ds. Schoeman, Dr. Botma en oudl. J. De Ridder het op geen stadium gepoog om die vergadering tot orde te roep nie. Dit is baie duidelik dat hierdie poging die oogmerk gehad het om oudl. Jan Greyling uit die komitee te weer. (Sien Bylaag 2)

Daar is tog met tye en ten spyte van dreigemente van fisiese geweld vordering gemaak. Hierdie vordering was egter van korte duur maar het baie duidelik uitgewys dat daar twee groeperinge in die GHG is.  Aan die een kant is daar die groepering wat die GHG as ‘n voortsetting van die NHKA, sy Skrifverstaan, Belydenisse, tradisies en kerkordelike reëlings gebasseer op die PSS sien. Hierteenoor was die ander groep wat in wese die Skrifbeskouing van die NHKA, kerkbegrip, tradisies en kerkordelike reëlings verwerp ten gunste van ‘n kongressionalistiese stelsel.

Die enigste rede wat deur laasgenoemde groep geopper was, was dat die ampsdraers nie verder opsig oor hulle soos wat dit binne die PSS toegepas word, sal toelaat nie.  Hierdie standpunt was gedra deur 4 predikante, 1 ouderling en twee regslui.  Kort daarna het Oudl. Pieter Greyling (Ottosdal) en Jan Greyling rapporteringsverslag oor wat tydens die vergadering gebeur het aan die bevoegde vergaderings gestuur. (Sien Bylaag 2). Ten spyte van verskeie versoeke deur voormelde ouderlinge en hul onderskeie ouderlinge vegaderings, weier dr. Otto om die klankopname van die vergadering beskikbaar te maak.

Daarna het ‘n klagskrif deur oudl. Jan Greyling teen Dr. Otto gevolg welke klagskrif die volgende dag verwerp is op die basis dat daar nie genoegsame broederlike gesprek was nie.  Die volgende dag ontvang oudl. Jan Greyling ‘n persoonlike skrywe van Ds. Oosthuizen waarin hy sy persoonlike gebelgdheid oor hierdie klagskrif teen Oudl. Greyling openbaar en hom beskuldig van mala fides en bymotiewe. (Sien Bylaag ix – 1) In terme van die reglement rig oudl. Greyling vertoë (appèl) aan die Kuratorium waarin hy sekere sake uitwys o.a. ook dat Ds. Oosthuizen en die Sekretaris foutiewelik opgetree het deur die klagskrif teen ontvangs daarvan met Dr. Otto te bespreek en ook ‘n afskrif van die klagskrif aan hom beskikbaar te maak.  Die vertoeë het o.a. verder tot inhoud dat Ds. Oosthuizen en die Sekretaris in die besonder Ds. Oosthuizen nie hierdie besluit kon neem nie aangesien hy persoonlik vertroud is met die feite van die saak en waarskynlik en ook ‘n getuie sal wees sou die klagskrif voortgaan.  Hierdie vertoeë word deur die Kuratorium verwerp op die basis dat Hervormde Gemeente Oshakati foutiewelik geakkrediteer is en derhalwe hoef hulle hul nie aan hierdie klagskrif te steur nie.  Die ironie van dit is egter dat die Kuratorium nadat hy kennis geneem het van wat hier gebeur het, steeds volhard het in sy houding. Op 16 Januarie 2018 antwoord Dr. Otto op die tussentydse rapporteringsverslag van Oudl. Greyling met aantuigings, valshede en bullebak mentaliteit.  Dit het gelei tot verdere konfrontasies.

Dit was baie duidelik dat die hele oogmerk was om die AHK te verhoed om ‘n eenparige verslag, meerdere – of mindersheidverslae voor die Bondsvergadering te laat dien. Die komitee het nooit weer vergader nie – selfs nie eens in die afwesigheid van oudl. Jan Greyling nie.Soos reeds voorheen deur ouderlinge Greyling aangedui, was dit hul voorneme as die enigste oorblywende lede van die AHK om die opdrag van die BV te volvoer. Hierdie verslag is dan die verslag van die oorblywende lede van die AHK wat voortgegaan het om die opdrag van BV-2017 tot uitvoering te bring. Dit word weer beklemtoon dat hierdie verslag is slegs die verkorte verslag aangesien die volledige verslag met aanhangsels etlike honderde bladsy beloop. Hierdie verslag met aanhangsels sal mettertyd beskikbaar gemaak word by die volgende webblad: www.geloofsbond.wordpress.com

  1. Historiese gebeure:

Dit is van kardinale belang dat sekere historiese feite wat aanleding tot die totstandkoming van die GHG gelei het, behoorlik in die verslag verdiskonteer word. Kort opsomming is die volgende:

  • Gedurende 2010 en daarna het erge spanning binne die NHKA onstaan wat tot die ontstaan van die SH, wat uit individuele lidmate bestaan, gelei het. Die SH was van oordeel dat die NHKA reeds ‘n ander pad begin loop het en dat Besluit 54/69 maar net nog ‘n bewys daarvan was. Die oogmerke van hierdie organisasie was om die NHKA (Skrifverstaan, verstaan van belydenisse en sy tradisies) te handhaaf binne die NHKA.
  • In dieselfde tyd het daar toenemend vrese in die SH –geledere ontstaan dat gemeentes ingevolge landsreg gekonfronteer gaan word met restitusie-eise. In ‘n poging om sodanige gemeentes teen eise te beskerm, is daar begin om onroerende en roerende bates van gemeentes na vrywillige verenigings toe oor te dra. Vir doeleindes hiervan word na hierdie verenging as die “gemeentelike verenigings” verwys. Dit het uiteraard die spanning verhoog en gelei tot opsig- en tughandelinge teen ampsdraers wat die spanning verder verhoog het.
  • Dit het verder gelei tot regsdispute oor die bates van die gemeentes wat uiteindelik ontwikkel het tot formele regsgedinge. Behalwe vir die saak tussen Roedtan-gemeente, Nedbank en sekere oorblywende NHKA-lidmate van die gemeente, is die uitslag hiervan na etlike jare nog nie beskikbaar nie. Die presiese omstandighede van die skikking is nie bekend nie maar dit wil voorkom asof Roedtan-gemeente die saak bes gegee het en die regskostes van Nedbank betaal het.
  • Teen Junie 2012 het die lede van die SH die Staat Van Belydenis aanvaar wat tot ‘n skeuring gelei het.
  • Dit het daartoe gelei dat gemeentes het hulself buite die gesag van die KOMvAKV en die AKV geplaas het. Hierdie gemeentes het hulself as “Onafhanklike gemeentes” bekend gestel.
  • Hierdie gemeentes het hulself beskou as ‘n voortsetting van die NHKA voor 2010. Anders gestel, die NHKA is die een wat van pad verander het.
  • Teen Januarie 2013 was daar reeds ‘n aantal onafhanklike gemeentes wat besluit het om hulself in ‘n konfessionele bond te organiseer met die stigting van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes. Laasgenoemde het sy eerste vergadering vanaf 28 to 30 Julie 2013 gehou.
  • Daarna het verdere gemeentes by die GHG aangesluit. Ander gemeentes het uit individue ontstaan welke gemeentes ook by die GHG aangesluit het.

Voormelde is ‘n kort uiteensetting van die historiese gebeure. Dit is geensins volledig nie maar die belangrikste sake is aangespreek.

  1. Besluite van Bonds – en ander bevoegde vergaderings:

Hieronder volg ‘n opsomming van besluite wat relevant tot die opdrag van die AHK is. Hierdie besluite en die verstaan daarvan sal bepalend wees oor die verhouding tussen kerk en vereniging binne die GHG.

  • Tydperk: Januarie 2013 tot July 2013: (Stigtingsvergadering)

In hierdie tydperk vind die stigtingsvergadering plaas. Volgens Ds. F. Marias is daar geen notule vir die Stigtingsvergadering van 29 Januarie 2013 beskikbaar nie. Daar was wel ‘n aantal verslae wat die lig gesien het. Die verslae wat beskikbaar is, kan nie veel bydra tot die Opdrag nie. Tydens die vergadering is egter wel besluit om ‘n Konfensionele bond te stig. Geen notule van enige ander vergadering kon gevind word nie.

Enkele aanduidings van die denke en gedagtes van hierdie tydperk kan egter in die publikasie Koersvas gevind word. So stel Pietersburg gemeente dat hulle besluit het om “voort te gaan op die bekende en Bybelgetroue, teologiese en historiese pad van die NHKA (afkorting) soos tot aan die einde van die 80er-jare van die vorige eeu”(Koervas 26 Oktober 2012)

In ‘n ander Koersvas word berig dat daar tydens die Pietersburg beraad ‘n bewoording van ‘n “gemeenskaplike doel” plaasgevind het. Dit doel is egter nie gepubliseer nie. In Koersvas 4 word berig dat die moontlikheid van ‘n ekumeniese “koalisie van onafhanklike Reformatoriese Kerke” te ondersoek en gesprekke met ander onafhanklike gemeentes te voer.

In Koersvas 5 word gemeentes na hierdie vergadering genooi om verteenwoordig te word deur twee ouderlinge, ‘n diaken, die Finkom verteenwoordiger met mandaat ens. Na afloop van die vergadering word in die sosiale media (ook Koersvas) gerapporteer dat die SH eenparig gestem het vir ‘n verruiming van hul selfverstaan. Die vergadering het besluit dat dit so veruim is dat Onafhanklike gemeentes deel van die Konfessionele bond van SH kan wees.

  • Tydperk: Julie 2013 tot Junie 2014:
  • Bondsvergadering: 8 tot 10 Junie 2013:

Die Bondsvergadering is deur ampsdraers van 13 gemeentes met stemreg en 6 gemeentes met waarnemer status en spreekreg, bygewoon. Die besluite van hierdie vergadering is van kardinale belang. Tydens hierdie vergadering het formalisering van die Bond plaasgevind. Nie alleen het die GHG sy toekomspad hier bepaal nie, maar dit het ook tot gevolg gehad dat 15 ander gemeentes in die jaar daarna by die GHG aangesluit het. Die besluite van hierdie vergadering is dus wesentlik tot die Opdrag. Met een uitsondering word die volledige beskrywingspunte en besluite wat relevant mag wees, in Bylaag 3, aangehaal.

Tydens die konstituering van die vergadering deel die voorsitter die vergadering mee dat geen kerk tydens die vergadering gestig gaan word nie. Dit word nie per besluit bevestig nie. Dit word jaarlikse daarna in een of ander vorm herhaal.

Dit is baie duidelik dat die besluite wat relevant tot die Opdrag is, in twee kategorië geklassifiseer kan word. Die eerste katagorie is die besluite wat gehandel het oor kerkstrukture, kerkordelike sake, kerkinrigting en oriëntasie. Hierdie besluite is hierbo genommer as (i) tot (iv) in Bylaag 3. Die tweede kategorie van besluite handel met kerklike goedere, finansies en finansiële bestuur. Dit sluit in die besluite soos vervat in paragrawe (v) en (vi) in Bylaag 3. Vervolgens word die besluite dienooreenkomstig behandel. Die rede vir voormelde is hierdie besluite op gereelde basis gedeeltelik, uit konteks of uit verband aangehaal word.

  1. Kerkstruktuur:

Die volgende is aanvaar:

  1. Die gemeentes sien hulself as ecclesia completa vir die huidige.
  2. Gemeentes word saamgebind deur‘n gemeenskaplike verstaan van die Skrif, belydenisskrifte en laastens ‘n gemeenskaplike kerkorde gebasseer op die PSS as kerkregeerstelsel. Voorlopig word die ordereëls van NHKA-kerkorde in beginsel gebruik.
  • Daar word jaarliks ‘n sinodale bykomende vergadering gehou. Hierdie vergadering is verantwoordelik vir sake wat die gemeentelike ouderlingevergadering nie alleen kan afhandel nie.
  1. Komitees word aangewys om die besluite van die sinodale vergadering tot uitvoer te bring.
  2. ‘n Bestuurskomitee bestaande uit die voorsitters van die verskeie komitees word in die lewe geroep en word beopdrag om toe te sien dat die komitees hul opdragte uit te voer en om korrespondensie wat gedurende die jaar ontvang word te hanteer in samewerking met die sekretaris. Dit het geen ander bevoeghede nie.
  3. ‘n Komitee word beopdrag om ‘n kerkorde saam te stel wat voormelde besluite reflekteer.
  • ‘n Kuratorium word saamgestel t.o.v predikante en hul opleiding.

Die volgende is nie aanvaar nie:

  1. ‘n Struktuur waarin die Bondsvergadering gehou word en wat net advies aan gemeentes kan gee.
  2. ‘n Komitee bestaande uit deskundiges bedien raad aan gemeentes;
  • Die Kerkrade van gemeentes kan self besluit of hulle die raad wil aanvaar of nie.
  1. ‘n Derde vlak van kerkwees (2de vlak ekumene).
  2. ‘n Ekumeniese skakeling wat die vorm sal aanneem van ‘n koalisie van selfstandige gemeentes.

  1. Kerklike Goedere:

Die volgende is aanvaar:

  1. Daar word ‘n Finkom saamgestel.
  2. Die komitee word beopdrag om:
  • ‘n Bankrekening te vestig in die naam van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes.
  • Alle wetlike vereistes moet nagekom word.
  • Bestaande fondse moet regverdig met die SH gedeel word.
  • ‘n Regspersoonlikheid te vestig vir hierdie doel.
  • Elke gemeente as rentmeester van sy eie bates en is geregtig om dit sonder inmenging te bestuur.
  1. o.v. kerklike goedere is daar gedeelde belange soos bv. kostes aan opleiding en administrasie.
  2. Daar sal ‘n sentrale kantoor wees.
  3. Sinodale-besteding sal effektief en beskostigbaar wees.
  • Sinodale bydraes van elke gemeente sal 3% van bruto inkomste van ‘n gemeente beloop.
  • Die sinodale begroting kan eers gefinaliseer word as die sinodale vergadering sy behoeftes bepaal het.
  1. Daar sal na afloop van die sinodale Bondsvergadering ‘n begrotingsvergadering plaasvind.
  2. Afgevaardigdes met mandaat woon hierdie vergadering by en hoef nie kerkraadslede te wees nie. Finansiële kundiges moet voorkeur kry.

Die volgende is nie aanvaar nie:

  1. Die skepping van regspersoonlikheid in die naam van die Konfessionele Bond van SH (onafhanklike gemeentes). Dit het waarskynlik net op die naam betrekking gehad.
  • Kuratorium:

Die enigste notule wat beskikbaar was vir die tydperk was die vergadering van 30 Januarie 2014. Die word bygewoon deur 5 predikante, 2 emiriti en een ouderling. In stryd met die BV se besluit, word hier besluit dat al die predikante van die SH se bestuur, ook op die KM sal dien as ‘n tydelike maatreël. Dit word verder besluit dat dit onwenslik is dat persone wat op die bestuur van die GHG dien, ook op die KM dien. Die vergadering besluit verder om 24 predikante en 7 emiriti van die NHKA as geakkrediteerde predikante te beskou. Daar is verder besluit om 30 gemeentes as gekkrediteerd te beskou. ‘n Belangrike besluit is verder dat slegs ge-akkrediteerde predikante in gemeentes mag preek. Soos hieronder sal blyk, het die GHGV met sy konstitusie toe al reeds bestaan. Hierdie notule dra geen verwysing na die GHGV nie en daar is geen besluit daaromtrent geneem nie.

  • Bestuurskomitee:

Notules van hierdie vergadering is deur die Skriba van die GHG beskikbaar gemaak.

Op 23 Augustus 2013 het ‘n Komitee- en bestuursvergadering plaasgevind. Die vergadering is bygewoon deur 10 predikante, 1 emiritus predikant, 3 ouderlinge en 2 susters. Die notule van die Bondsvergadering is tydens die vergadering goedgekeur.

‘n Verdere besluit van die vergadering was dat die voorsitters van die onderskeie komitees, sal dien as ‘n “voortsettingskomitee” met Dr. Otto as voorsitter. Die oogmerke en funksies van die komitee word nie gestel nie en is nie duidelik nie. Verder op hierdie vergadering is die mandate aan elke komitee met sy voorsitter bevestig welke wel binne die mandaat van die komitee val. Volgens die notules verskaf, het daar geen verdere vergadering voor die volgende BV plaas gevind nie. Hierdie notule dra geen verwysing na die vrywillige vereniging nie en daar is geen besluit daaromtrent geneem nie.

  • Finansiële Komitee: Konstitusie: Geloofsbond van Hervormde Gemeentes Vereniging:

Dit wil voorkom asof die Finkom die opdrag om regspersoonlikheid te stig op 9 September 2013 uitgevoer het. Dit het besluit op ‘n vrywillige vereniging wat deur sy konstitusie beheer word. Die konstitusie is tydens die stigingsvergadering aanvaar. (Sien Bylaag 4 vir volledige teks) Die ondertekenaars daarvan is 5 predikante en 2 ouderlinge. Vier van voormelde ondertekenaars dien op die Finkom terwyl die ander 3 ondertekenaars lede van die “Voortsettingskomitee” is. Hier volg ‘n kort opsomming van die konstitusie.

  1. Hierdie 7 persone is volgens die konstitusie die eerste lede van die GHGV. (Sien paragrawe 15, 16 en 17)
  2. Die vereniging het regspersoonlikheid.(Sien paragraaf 2)
  3. Dit word beheer deur ‘n bestuurskomitee wat bestaan uit die voorsitter, gekose en geko-opteerde komiteelede.(Sien paragraaf 3)
  4. Die verantwoordelikheidsgebied is die RSA maar die AJ kan goedkeuring verleen aan die Bestuurskomitee om dit uit te brei. (Sien paragraaf 4)
  5. Die doelstellings van die GHGV is om:
  • bates tot voordeel van die GHGV te besit, te koop, te verkoop, te bestuur ens.
  • Onroerende eiendom sal vir Christelike doeleindes gebruik word.
  • Dit bestaan as ‘n godsdienstige organisasie wat onderlinge samewerking tussen gemeentes (lede) reël.
  • Die doelstelling van die Vereniging is verder om alle gemeentes wat die afsonderlike besluite van die Vereniging aanvaar, en met ander organisasies insluitende kerk- teologiese- en soortgelyke organisasies, saam te werk, en gesprekke te voer.
  • Vereniging se doel is ook om gemeentes van enige kerk-organisasies binne Suid-Afrika, die wat om welke rede ook al nie tevrede is met die besluite, teologies of andersins, van sodanige kerkorganisasies nie, te aanvaar as lede en alle stappe te neem wat nodig is om eiendomme te bekom vir doeleindes van die Vereniging se doelstellings, en die stigting van nuwe gemeentes en/of teologiese vereniging.(Sien paragraaf 4)
  1. Die konstitusie bepaal m.b.t lidmaatskap die volgende.
  • Volwaardige lede is gemeentes wat deur die KM van die GHG toegelaat is as lede in die gebied wat die doelstellings van die Vereniging onderskryf, en die lederegister onderteken wat deur die sekretaris gehou moet word.
  • Lidmaatskap kan nie gekoop of verkoop word nie. Die KM van die GHG moet alle nuwe aansoeke om lidmaatskap goedkeur en het die wydste diskresie om ‘n aansoek goed te keur of af te keur vir enige rede hoegenaamd. (Sien paragraaf 5.
  1. Die bestuurskomitee van die GHGV bestaan uit die voorsitters van komitees wat tydens die algemene jaarvergadering verkies word. Dit verkies uit eie geledere ‘n voorsitter, skriba en sukundi. Die bestuurskomitee van die GHGV het alle magte wat nodig mag wees om die doelstellings van die GHGV te bereik.(Sien paragraaf 6.2 tot 6.4)
  2. ‘n AJ word jaarliks gehou en die voorsitter en skriba word van tyd tot tyd gekies.
  3. Die doel van die AJ is om die voorsitter se verslag vir die afgelope jaar te oorweeg, finansiële state te oorweeg, aanstelling van ouditeure te doen, komiteelede te verkies en samewerking tussen gemeentes te reël.
  4. Die kworum by so ‘n vergadering is 50% plus 1. Die wyse van stemming ens. word glad nie hanteer nie.
  5. Kennis van sodanige vergadering moet 14 dae voor die datum van die vergadering bekend gegee word.(Sien paragraaf 10.6 tot10.6.5)
  6. Die konstitusie maak verder voorsiening vir huishoudelike reels.(Sien paragraaf 11)
  7. Vir sovêrre dit gaan oor finansies sal daar bankrekenings wees en die Finkom soos jaarliks verkies sal alle ontrekking en oorbetalings goedkeur. Die finansiële jaar is van 1 Maart tot einde Februarie van die volgende jaar. Finansiële state moet deur ‘n rekenkundige opgestel word en jaarliks goedgekeur word. (Sien paragraaf 12)
  8. ‘n Lid kan sy lidmaatskap beëindig deur te bedank. Die KM of AJ het die bevoegdheid om lidmaatskap te beëindig. Daar is geen maatstaf nie en geen prosedure word voorgeskryf nie. (Sien paragraaf 13).
  9. Die GHGV kan ontbind word gedurende ‘n Spesiale Jaarvergadering met ‘n 2/3 meerderheid.
  10. Voorstelle vir konstitusionele wysigings moet minstens 14 dae voor die datum van die vergadering saam met die kennisgewing van die vergadering geskied.
  • Die periode Junie 2014 tot September 2015:
  • Bondsvergadering : 8 – 10 Junie 2014:

Tydens konstitusionering word weer gestel dat die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes nie ‘n nuwe kerk is nie maar slegs ‘n liggaam om samewerking tussen gemeentes te reel.(BEP 5.3) Die verwysing na ‘n “besluit” is nie akkuraat nie. Tydens hierdie mededeling deur Dr. Botma, het ouderling Jan Greyling op ‘n punt van orde verneem of hierdie vergadering ‘n sinodale of algemene jaarvergadering van die GHGV is. Dr. Botma antwoord: “Nie een van die twee nie – ons vergader as Bond”

In die RvO en die aanvaarding daarvan verskyn onder paragraaf 1 die volgende:

1. Oproep”

Tydens die eerste bondsvergaderings is bepaal dat die vergadering van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes jaarliks sal plaasvind.  Hierdie vergadering se uitvoering van hierdie opdrag” (BEP 5.4)

Soos hierbo uitgewys is slegs twee besluite tydens die BV-2013 m.b.t jaarlikse vergaderings geneem. Dit is die sinodale vergadering wat deur ‘n tweede vergadering te wete die sinodale begrotingsvergadering gevolg sal word.  Dit is ook duidelik dat dit nie die algemene jaarvergadering van die GHGV kan wees nie, want dit word in terme van die konstitusie belê. Hierdie oproep word jaarliks daarna herhaal tot en met die agenda van 2018.

Die relevante besluite  van die BV is die volgende:

  1. Daar word ‘n “Skribaat” gestig wat verantwoordelik sal wees vir administrasie terwyl die finansiele aspek steeds onder die Finansiele komitee resorteer (BEP 9.2).
  2. ‘n Verdere besluit word geneem onder die opskrif:

“Verkiesing van Voorsitter en Sekretaris

Die Administratiewe sake rakende die vestiging en oprigting van ‘n regspersoon, die registrasie van Predikante as huweliksbevestigers by Binnelandse Sake, die aansoek om ‘n NPO-nommer vir die GHG ensovoorts noodsaak die vergadering om ‘n Voorsitter en Sekretaris te verkies wat die nodige dokumente namens die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes sal onderteken” (BEP 9.5).

Hierdie BEP skep die indruk dat die GHGV nog nie bestaan nie, nog nie opgerig en geregistreer is nie. Dit dui verdere daarop dat daar nie uitvoering aan die BV -2013 se besluite m.b.t. die oprigting van die GHGV uitvoering gegee is nie. Dit is natuurlik nie korrek as die feite hierbo aangaande die GHGV, wat reeds op 9 September 2013 gestig was, in aanmerking geneem word nie. Indien daar na die konstitusie van die GHG gekyk word is dit baie duidelik dat die Bestuurskommitee sy eie voorsitter verkies vir die GHGV.  Derhalwe benodig die Vereniging geen verkiesing van enige voorsitter deur hierdie vergadering nie.  Dit bring dan ook die interessantheid na vore dat daar skynbaar drie voorsitters is, naamlik ‘n voorsitter van die BV, ‘n ander voorsitter van die GHGV en ‘n verdere voorsitter van die GHG is.

  1. In BEP 10.1 wat handel oor proponentsformule word die volgende ingesluit in die proponentsformule:

Ek beloof om my te hou by die Kerk Orde van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes.  By oortreding daarvan sal ek my onderwerp aan die oordeel van die Kuratorium van die GHG” 

Op hierdie stadium het daar geen kerkorde vir die GHG bestaan nie en per Bondsvergadering besluit van 2013 word die NHKA se kerkorde gebruik as leiding. Tydens hierdie vergadering word ‘n aantal predikante formeel by wyse van ondertekening van die aanvaarding van akkreditasie as predikante geakkrediteer.  Die relevante passasie uit die dokument wat onderteken word (Proponentsformule) lees soos volg:

“Ek beloof om my te hou aan die Kerk Orde van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes”. By oortreding daarvan sal ek my onderwerp aan die Kerklike prosedure en oordeel van die Kuratorium van die Geloofsbond om akkreditasie te verleen en/of op te skort”

  1. Onder die opskrif “Dissipline” (BEP 16.1) word daar besluit om Ordonnansie 8 van die NHKA Kerkorde te wysig en aan te pas vir doeleindes van die GHG vir sovêrre dit gaan oor dissipline sake m.b.t. predikante.
  2. In BEP 10.4 onder die opskrif “Skrifbeskouing” word ‘n skrifbeskouing aanvaar vir die GHG welke dan die saak rondom dit afgesluit het. Die GHG het homself uitgepreek oor Skrifbeskouing.
  3. Volgens die verslag van die KM word daar kennis geneem dat gemeentes “spontaan deel geword het van die Geloofsbond” en ook dat daar aansoeke van huisgemeentes tot akkreditasie was. (BEP 11.1.1.)
  4. Onder die opskrif “Strategiese beplanning” (BEP 15.4) word daar onder andere gestel dat dit duidelik uit gesprekke is dat daar gemeentes uit ander reformatoriese denominasie asook kleiner reformatoriese gemeentes wat behoefte het om deel van ‘n groter beweging te wees sonder dat daar aan hulle voorgeskryf word. Dit word verder gestel dat daar reeds van meets af gestel was dat die kern van die GHG gemeentes is om aan die wese van die ware NHKA getrou te bly en voort te sit.  Die Bond is deels as voertuig vir hierdie ideal.  Dit lees verder soos volg:

Ons is ‘n Reformatoriese Bond en homself verstaan as reeds so ruim dat sodanige gemeentes kan verwelkom sonder om ons eie identiteit prys te gee – daarmee saam kan ons hulle verseker dat hulle gemeentes nie hul identiteit hoef prys te gee nie.  Die Bond bied tog die geleentheid en platform om wyer gehoor te word en oor sekere sake saam te werk.  Ons hierdie onafhanklike Reformatore uitnooi om by ons geledere aan te sluit”.

Dit is besonder insiggewend dat daar geen besluit hieroor geneem is nie en dat die saak verwys is na die regspan om uitgeklaar te word. Geen terugvoer van die regspan is ooit hieroor aan die BV voorgelê nie.

  1. Hierna volg ‘n beskrywingspunt op die Agenda wat soos volg lees:

“VERENIGINGS”

“KERKLIKE GOEDERE”(BEP 17).

Onder hierdie opskrif word ‘n aantal beskrywingspunte hanteer wat o.a. die volgende insluit:

  • Hier word die fondasie gelê vir die regsfonds bydrae van 7%.
  • Die finansiële state word ook goedgekeur onder die naam van “Geloofsbond van Hervormde Gemeentes”. Dit is insiggewend dat dit nie verwys na die GHGV nie want dit was die naam van die regspersoon.
  1. In BEP 17.7 onder die opskrif “Huweliksbevestigers” doen Ds. Steenkamp verslag oor sy werksaamhede ten einde die predikante van die Geloofsbond as huweliksbevestigers geregistreer te kry. Die insigewende hiervan is dat Ds. Steenkamp (wat ‘n kopie daarvan aan skrywer beskikbaar gemaak het in September 2016) se hele aansoek is opgestel en ingedien onder die naam van GHGV.  Hierdie aansoek is alreeds op 13 November 2013 opgestel en ingedien. Dit is teenstrydig met paragraaf b. (BEP 9.5) hierbo. Die korrekte feite is nooit aan die BV openbaar nie. Ds. Steenkamp het in hierdie dokument beweer dat: “Die besluite van die Bondsvergadering is onderhewig aan die goedkeuring deur elke gemeente se kerkraad en / of ouderlingevergadering” en verder dat die GHGV predikante “as huweliksbevestigers vir Geloofsbondgemeentes geregistreer”.
  2. Die Kommissie wat saamgestel is om ‘n kerkorde op te stel verskaf saam met die Agenda inlydende opmerkings en ‘n konsep kerkorde. Tydens hierdie vergadering word dit nie hanteer nie maar daar word wel sekere opdragte gegee.  Hierdie opdragte sluit o.a. die volgende in:
  • In plaas van die “Algemene Vergadering” van die NHKA sal die woord “Bondsvergadering” gebruik word;
  • In plaas van die woorde “Voortsettings- of Kontinuteitskommitee” sal die woorde “Bestuur van die Bond” gebruik word; en
  • In plaas van “heffings” sal daar na “Bondsbydraes” verwys word.
  • Die belangrikste opdrag is egter die volgende: Die komitee moet die onderkeid tussen kerk en vereniging in ag neem in die opstel van die kerkorde”. Hierdie besluit alleen dui baie duidelik op die onderskeid tussen kerk en vereniging moet bestaan. Dit is baie duidelik dat hier nie net met gemeentes as “ecclesia completa” gehandel word nie maar ook met die sinodale strukture en die hantering daarvan soos tydens die BV-2013 besluit is.
  • Kuratorium:

Die besluite van die KM in hierdie periode dra nie veel tot die Opdrag nie.

  • Bestuurskomitee:

Die vergadering vind plaas op 26 Junie 2014. Dit is onseker oor watter bestuurskomitee hier vergader het want die notule verwys na die “Voortsettingskomitee”. Daar word vermoed dat dit die “Bestuur van die Bond” moet wees gegewe die besluite. Die volgende besluite word geneem:

  1. Die vergadering gee toestemming dat die kontrak tussen die APA en GHG onderteken kan word. Insiggewend is dat die KM, as verteenwoordigende liggaam van die GHG die een kontrakterende party is. Dit is dus nie die GHGV wat gehandel het nie.
  2. Dit word genotuleer dat Dr. Otto in ‘n versoek tot vrede in gesprek met die KommAKV is en dat Dr. Storm in gesprek met dr. van Wyk is om ‘n hand van samewerking en vriendskap tussen predikante van die NHKA en die Bond uitgereik moet word onderhewig aan sekere voorwaardes.
  3. Die bediening van Oshakati gemeente word bespreek en sekere opdragte word aan Ds. Oosthuizen gegee.
  4. Daar word opdragte vir ‘n jaarlikse predikantevergadering gegee.
  5. Predikante van die Bond wat deel wil word van die bediening in Zambië moet met ds. Van Wyk skakel.

Dit staan soos ‘n paal bo water dat die komitee vêr buite enige mandaat wat van die Bondsvergadering of die GHGV ontvang kon gewees het, opgetree het.

Die komitee vergader weer op 23 Januarie 2015. Hier word nou na die “Bestuursvergadering” verwys. Dit is in lyn met die besluite van BV-2014 m.b.t. die opdragte aan die komitee wat die kerkorde moet skryf. Sake wat wesentlik tot die opdrag is, is die volgende:

  1. Dit bespreek die stigting van en vordering met nuwe gemeentes te Heidelberg, Mosselbaai en Krugersdorp.
  2. Dit doen ‘n beroep op komitees om hul verslae in te dien.
  3. Dit besluit op versoek van die Kuratorium om “Kernwaarhede” saam te stel.
  4. Dit word uitgewys dat GV die kerklike goedere hanteer en dat gemeentes aan kerklike sake rakende ampte en gemeentes sal gee.
  5. Insiggewend is dat daar besluit word om byvoeging tot die konstitusie te aanvaar. Dit is in Engels geskryf en sou help om ‘n NPO- nommer te kan kry. Op dieselfde datum sertifiseer Dr. Otto en Ds. Marais dat ‘n Spesiale Vergadering van die GHGV plaasgevind het en dat die konstitusionele wysiging daar aanvaar is. As die gemeentes op daardie stadium reeds lede was, dan is daar ‘n valse voorstelling aan die Owerheid gemaak. Dieselfde geld t.o.v. die naamsverandering van GHGV na GHG wat dan nie net ongrondwetlik gedoen is nie maar wat steeds in terme van die konstitusie nie die naam van die GHGV gewysig het nie.
  • Die periode September 2015 tot 2016:
  • Bondsvergadering 2015 – Meyerspark 6 – 8 September 2015:

Die oproep tot die vergadering in terme van die besluit van die BV-2013 word herhaal.  In paragraaf 11 van die RvO word dit ook gestel dat teologiese leer en lewenssake word by wyse van konsensus besluit, bekragtig.

Die volgende besluite is van belang:

  1. Daar word ‘n punt tot die RvO bygevoeg wat bepaal dat die voorsitters van die komitees sal ‘n konsep notule voorberei, uitstuur aan al die ampsdraers wat die vergadering bygewoon het vir hulle kommentaar en binne 2 maande sal die notule bekragtig en uitgestuur word na die onderskeie gemeentes. Hierdie beskrywingspunt word so aanvaar.
  2. In BEP 9.3 word ‘n dokument wat bekend staan as “Kerkwaarhede” aan die vergadering voorgelê. Die dokument word nie deur die vergadering goedgekeur nie. Dit word verwys na die KM. Die gemeentes word versoek om kommentaar aan die KM te stuur. Dit is onseker of enige gemeente enige kommentaar gelewer het aldan nie. Die dokument het egter nooit voor ‘n vergadering van die KM gedien nie. By navraag is bevestig dat die dokument deur Dr. Otto en Ds. Oosthuizen afgehandel is. Dit is dus nooit deur ‘n bevoegde vergadering aanvaar nie.
  3. Tydens die behandeling van die KM se verslag (BEP 10.1) word daar na die “inskakeling van gemeentes” verwys. Dit geskied aan die hand van gesprek en verwysings van die menigings van naburige gemeentes se Kerkrade. Dit bevat geen vermelding na enige konstitusie en nog minder verwys dit na lidmaatskap van so ‘n vereniging.
  4. b.t. visitasie word daar besluit dat die konsulent en twee van sy gemeente se ouderlinge visitasie by die gemeentes doen. (BEP 11.1)
  5. Oor konsulentskappe word besluit dat dit in en deur die streke bepaal moet word. (BEP 11.2)
  6. In BEP 16.1 onder die opskrif “Verenigings” word die finansiële state van GHG goedgekeur. Die vergadering gee opdrag aan die Finkom om voorstelle te maak vir die skeiding van die finansiële sake van die Bondsvergadering.
  7. In BEP 16.7 word daar verwys na die NPO-nommer. Dit verwys na ‘n vergadering van 23 Januarie 2015 en bekratiging vir ‘n besluit wat op daardie datum geneem is word gesoek. Daar word nie uitgewys wat hierdie vergadering was nie en wat tydens hierdie vergadering gebeur het nie. (Sien par 6.3.3. (e) hierbo) Dit is insigewend dat hierdie konstitusie nie aan die vergadering voorgelê word vir goedkeuring nie maar slegs vir die NPO-nommer se kennisname. Die vergadering bekragtig nie die besluit nie maar neem kennis van die NPO-nommer.

  1. In beskrywingspunt 18 word ‘n kerkorde in beginsel goedgekeur. Hierdie kerkorde se ordereëls dui duidelik op die Presbiterale Sinodale stelsel alhoewel nie sonder kritiek nie, voldoen dit aan die beginsels van die Presbiterale Sinodale stelsel.  Besonders is dat die woord “vereniging” of enige aanduiding daarvan, op advies van Adv. Du Plessis op die vooraand van die BV verwyder is en nêrens in goedgekeurde ordereëls van die kerkorde voorkom nie. Enkele aspekte van die orde word hier aangeraak:

  • Die gemeentes wil steeds die sigbare en uiterlik geloofseenheid tussen die gemeentes handhaaf. Daarom verbind die gemeentes hulself op geestelike, stoflike en organisatoriese vlak te vestig en instand te hou. Daar sal ‘n samewerkende vergadering wees waar gemeentes deur konsensus sake van gemeenskaplike belang sal hanteer.
  • Die samewerkende vergadering sal ‘n algemene / bykomende vergadering van ampsdraers wees. Dit hanteer sake soos leer, liturgie, kerkorde en ander buitengewone sake wat van belang vir die gemeentes is.
  • Ordereël 9 wat handel oor kerklike goedere bevat geen verwysing na “vereniging” nie en stel dit dat toesig oor kerklike goedere lê by die gemeentes en hul vergaderings. Op Bondsvlak lê dit by die sake wat deur die BV daaraan opgedra is.
  1. Tydens hierdie vergadering word daar ook opdrag aan Oudl. Jan Greyling gegee om met Adv. Du Plessis gesprek te voer oor die saak of daar een of twee vergaderings jaarliks moet plaasvind en die presiese aard van die bondsvergadering synde of dit ‘n sinodale vergadering moet wees soos per regliment van orde en/of dit ‘n algemene jaarvergadering van die Vereniging is.
  2. By verkiesing van Komitees word dit herhaal dat Adv. Du Plessis versoek het dat Dr. Otto, Storm, Ds. Marais en Dr. Botma lede van die komitee moet wees.
  • Kuratorium:

Geen besluite wat die opdrag  aanspreek kan gevind word nie behalwe vir die opskorting van Ds. Van Greunen se akkreditasie. Tydens hierdie tugoptrede is die Ordinansie soos gewysig deur die BV-2014 gebruik vir sovêrre dit prosedures ens. aangaan. Die vereniging se konstitusie is glad nie vermeld nie en het nooit tydens die tugondersoek ter sprake gekom nie.

  • Bestuurskomitee:

Die vergadering vind plaas op 16 Oktober 2015 en het die volgende besluite geneem:

  1. Daar word kennis geneem van die NPO-nommer en die bevestigende skrywe en registrasie sertifikaat word aangeheg tot die notule. In gemelde skrywe word die bestuur ingelig dat die organisasie “must: Reflects its registered status or registration number on all its documents.”
  2. Die notule van die BV-2015 vergadering word goedgekeur sonder verwysing na die gemeentes vir kommentaar soos besluit in par 6.4.1. (a) hierbo.
  3. Daar word kennis geneem dat ‘n konsep kerkorde ontvang is en versprei sal word.
  • Die periode September 2016 tot September 2017:
  • Bondsvergadering 2016 te Grootvlei : 4 – 6 September 2016:

Volgens die Reglement van Orde word die vergadering byeengeroep in opdrag van die besluit wat geneem is by die eerste Bondsvergadering soos voorheen. Die volgende besluite is relevant tot die Opdrag:

  1. Volgens die verslag van die Kuratorium BEP 10.1 is die akkreditasie van voormalige Ds. Johan van Greunen opgehef. Hierdie opheffing het plaasgevind in terme van die wysiging van die ordereëls, ordinansies en reglemente soos tydens die Bondsvergadering van 2014 besluit is.
  2. Daar word akkreditasie aan gemeente Yserberg verleen sonder enige verwysing na lidmaatskap aan die GHGV.
  3. Onder die opskrif “VERENIGINGS” (BEP 16.1) word daar van die verslag van die Finkom kennis geneem.
  4. Greyling lê op 4 September 2016 sy verslag aan die Bestuurskomitee voor waarin hy die opinie uitspreek dat daar twee vergaderings moet wees aan die hand van die vorige besluite synde die sinodale vergadering en die AJ van die regspersoon as ‘n finansiele voertuig. Hy wys verder verskeie sake uit wat problematies in die konstitusie van die vereniging is asook die posisie van die Hervormde Gemeente Oshakati.  Die volledige verslag word hierby aangeheg as Bylaag 10.
  5. In BEP 18 word sekere regsaangeleenthede deur Adv. Du Plessis hanteer wat die vergadering toespreek. Hy handig ook ‘n skriftelike verslag in waarin hy die volgende kortliks en uitdruklik stel:
  • Die BV is die AJ van die vereniging wat op 9 September 2013 gestig is. Dit word nie in terme van die besluite van 2013 gehou nie maar wel in terme van die vereniging se grondwet.
  • Die doel is om onderlinge samewerking te reël. Dit bestaan as ‘n godsdienstige organisasie wat met ander kerklike organisasies mag saamwerk.
  • Die gemeentes is lede van die Vereniging.
  • ‘n Sinodale vergadering kan slegs gehou word as daar kerk gestig is met ‘n afsonderlike kerkorde. Dit is nog nie volgens Adv. Du Plessis gedoen nie.
  • Hy stel verder dat die GHGV nie gestig as ‘n kerk nie. ‘n Nuwe kerk gebasseer op die PSS kan net bestaan en funksioneer met ‘n afsonderlike kerkorde. Daar is nog nie so ‘n kerkorde gefinaliseer nie.
  • Daar kan dus nie teologiese vergaderings gehou word nie.
  • Die besluit oor kerkstigting sal in die toekoms as die regsdispute teen die NHKA afgehandel is, oor besin word.
  • Hy stel voor dat ‘n komitee van regsgeleerdes en predikante saamgestel moet word. Daar word besluit om ‘n regskomitee aan te stel en om die sake te verwys na hierdie regskomitee vir finalisering.  Die kommitee het nooit vergader nie.
  • ‘n Besonderse besluit was om die sin in die Proponentsformule waarin predikante onderneem om die kerkorde te gehoorsaam, verwyder word. Die praktiese effek hiervan is dat geen predikant tans aan enige kerkorde onderhewig is nie.
  1. Greyling se verslag dien nie omdat hy en Adv. Du Plessis ooreengekom het om die knelpunte met mekaar verder te bespreek in terme van die opdrag van die vergadering aan die regskommissie. Daar is verder mondelings ooreengekom dat daar met kerkvorming voortgegaan sal word met die afhandeling van die hofsake. Hierdie is later met ‘n handdruk tussen Drs. Otto, Botma en Ouderling Greyling bevestig. Ouderling Greyling het ook die ooreenkoms onmiddelik teenoor die voorsitter van die Kuratorium bevestig.
  • Kuratorium:

Geen besluite wat lig op die Opdrag kan werp is geneem nie.

  • Bestuurskomitee:

Die eerste vergadering vind plaas op 14 Oktober 2016. Die volgende besluite m.b.t. die Opdrag word geneem:

  1. Daar word in Agendapunt 5.2 besluit dat die “agenda voortaan opgestel moet word onder die opskrifte van 2010 Kerkorde van die NHKA met dien verstande dat ‘n opskrif weggelaat word indien daar nie ‘n besprekingspunt of verslag is wat daar oor handel nie”. Dit bevat geen verwysing na die konstitusies van die GHG Vereniging nie wat vreemd is gegewe die voorgeskrewe sake wat tydens ‘n AJ hanteer moet word.
  2. In Agendapunt 7.2. word vermeld dat Ds. Strauss ‘n navraag het oor die algemene jaarvergadering van die vereniging wat volgens sy verstaan van BV-2015 gehou moet word. Hy word geantwoord dat “adv, Du Plessis versoek het dat die besluit nie genotuleer of uitgevoer moet word nie. Die saak staan oor tot na afhandeling van die hofsaak.”
  1. In Agendapunt 7.8 word daar navraag gedoen oor waar die grondwet van die GHGV van 9 September 2013 bekom kan word. Ds. Strauss word versoek om met Dr. Botma in verbinding te tree.
  1. Die vergadering versoek die Finkom om ‘n beskrywingspunt voor te lê vir besluit dat die GHGV se NPO-nommer, voortaan in die notules vermeld sal word.

Die volgende vergadering vind plaas op 20 Januarie 2017. Slegs enkele besluite het relevansie tot die Opdrag, naamlik:

  1. Daar word voorgestel dat die volgende BV se agenda aangepas word met meer fokus op teologiese aspekte eerder as die hofsake om enige negatiewe effekte van die hofsake op die funsionering van die Bond uit te skakel (Agendanpunt 10.)
  2. In ‘n agendapunt onder die opskrif “DIE GRENSE VAN ONAFHANKLIKHEID EN SAMEHORIGHEID” (Agendapunt 12) word die volgende besluit geneem: “Binne die geledere van die groter kerk en die bedieningsveld van die GHG, is dit uiters belangrik om die GHG deeglik te definieer. Die dokument met Kernwaarhede en ook die Staat van Belydenis kan as basis dokumente dien met die oog hierop”
  • Die periode van September 2017 en daarna:
  • Bondsvergadering 2017 : 3 – 5 September : Sweizer-Renecke:

Die volgende besluite is relevant:

  1. Tydens die konstituering word daarop gewys dat die gemeente Vaalwater nie meer as gemeente funksioneer nie en tans as ‘n wyk by Ellisras gemeente inskakel. Die vergadering besluit dat Vaalwater gemeente ontbind.  Daar is geen vermelding van die opheffing van lidmaatskap aan die GHGV nie.
  2. In die hantering en goedkeuring van die RvO word die oproep weereens herhaal naamlik dat “tydens die eerste Bondsvergadering bepaal dat daar jaarliks ‘n vergadering van die Geloofsbond van Hervormde gemeentes sal plaasvind. Hierdie vergadering in die gevolg van die opdrag”.
  3. Onder BEP 5.9.1. by die uitbreiding van die Agenda word ‘n beskrywingspunt ingedien deur die Hervormde Gemeente Oshakati insake bespreking van die konstitusies van die GHGV. Dit handel oor tekortkominge, hantering en goedkeuring van die konstitusie en die lidmaatskap van die gemeentes tot die vereniging en bevestig dat geen gemeente ‘n lid daarvan is nie.  Tydens hierdie bespreking stel Dr. Otto dat die Bondsvergadering ‘n sinodale vergadering is en nie ‘n vergadering van die vereniging is nie. Dit is ook nie die algemene jaarvergadering van die GHGV nie.  Hierdie standpunt herhaal hy twee keer.  Dit is dan ook in lyn met die missie van die Geloofsbond en sy verstaan daarvan soos wat hy dit aanhaal tydens die vergadering.  Hierdie verstaan van Dr. Otto is ook in lyn met die verstaan van die besluite van die BV -2013 en die vergaderings wat daaropvolgend was.
  4. Net soos in 2016 word die saak rondom kerk en vereniging nie deur die BV hanteer nie maar dit word verwys na die AHK om die verhouding tussen kerk en vereniging en relevante sake te besin, na te vors, te bespreek en ‘n verslag met voorstelle aan die BV voor te lê. Hierdie verslag is die uitvloeisel daarvan.
  5. Verskeie relevante sake soos konflik tussen die konstitusie en RvO, die saak van geloofsbriewe, die saak van die Kuratorium vis-à-vis die GHG, lede, komitee ens., word na die AHK verwys.
  6. In BEP 8.1 verskyn daar ‘n beskrywingspunt aangaande Kerkbegrip. Hierdie kerkbegrip is totaal vreemd aan die gemeentes en die verstaan van die gemeentes so ook van hulle self en die verstaan van die GHG.  Dit presenteer ‘n tipiese Kongressionalistiese beeld. Tydens hierdie vergadering word hierdie verander na ‘n besprekingspunt en word geen besluit rondom dit geneem nie.
  7. Onder die opskrif “Verenigings” word die Finkom se verslag aan die vergadering voorgelê ter kennisname aangesien dit nie die AJ van die Vereniging is nie soos deur dr. Otto verduidelik.
  8. ‘n Besluit oor die uitbreiding van die Bestuurskomitee word ook na die AHK verwys.
  9. Die beskrywingspunte wat deur die Hervormde Gemeente Oshakati voorgelê was, was dit baie duidelik dat die enigste oogmerk was om die vergadering binne en in terme van sy konstitusie te laat plaasvind en met die oog daarop dat die nodige regstelligs gedoen kan word.
  • Kuratorium:

‘n Vergadering word geskeduleer vir 3 November 2017. Dit word op kort kennisgewing gekanselleer.

Sovêr vasgestel kon word, is ‘n vergadering vir 19 Februarie 2018 gereël. Ouderling Jan Greyling van Hervormde Gemeente Oshakati word nie in kennis van die vergadering gestel nie en ontvang ook geen agenda. Trouens, die Sekretaris het na vele versoeke, eenvoudig net geweier om kennis te gee. Uit latere korrespondensie was dit egter duidelik dat die vergadering, sonder enige kennisgewing aan die Hervormde Gemeente Oshakati, besluit het dat die gemeente “foutiewelik” geakkrediteer was omdat dit in die buiteland geleë is.

Die ander besluit, rakende die vertoeë oor die klagskrif teen Dr. Otto deur Ouderling Greyling rakende die voorsitter van die KM se besluit dat daar nie genoegsame broederlike gesprek plaasgevind het nie, is uithoofde van die eerste besluit nie verder geneem nie. Insiggewend van hierdie vergadering was dat Ds. Oosthuizen sowel as die sekretaris wat die besluit m.b.t. die afwysing van die klagskrif ook tydens die vergadering teenwoordig was.

  • Bestuurskomitee:

Geen amptelike notule van enige vergadering kon verkry word nie. Uit korrespondensie aan die Hervormde Gemeente Oshakati, is dit duidelik dat teenstrydig met die voorsitter se mededelings aan die BV-2017 (Sien 6.6.1.(b)), die GHG eintlik net ‘n vereniging is. Hy bevestig die terugtrekking van die Hervormde Gemeente Oshakati se akkreditasie. In Junie word dit gevolg deur ‘n verdere skrywe waarin dit blyk dat die komitee besluit het dat gemelde gemeente se geloofsbriewe nie ter tafel gelê sal word nie en dat die gemeente nie toegelaat sal word om die vergadering by te woon nie.

  1. Gevolgtrekking:

Bewapen met die besluite en gebeure soos hierbo uiteengesit, kan daar nou na die Opdrag terug gekeer word. In hierdie verslag gaan daar gepoog word om die sake so objektief as moontlik te benader. Dit is nie ‘n poging om enige standpunt of siening te propageer nie. Die oogmerk is om die BV in so ‘n posisie te plaas dat dit ongehinderd en sonder manupilasie vanuit enige oord, ‘n besluit kan neem.

  • Verhouding: kerk en vereniging:

Dit was van meets af duidelik dat daar twee standpunte in die AHK hieromtrent bestaan. Aan die een kant was daar diegene wat die GHG as geloofsgemeentskap (kerk) sien met die vereniging wat daarlangs regspersoonlikhied vir finansiële doeleindes en handelinge in hierdie wêreld verskaf. In hierdie geloofsgemeenskap is daar ooreenstemming oor die verstaan van die Skrif en belydenisse en kerkordelike reëlings. Die vereniging voer die opdragte van die kerk d.m.v die besluite van die BV uit. Die verhouding is dus eenvoudig die van ‘n opdraggewer en ‘n opdragnemer.

Die tweede standpunt is dat daar geen kerk wat uit gemeentes bestaan, ontstaan het nie. Daar is net ‘n vrywillige vereniging. Daar is dus geen geen sprake van enige verhouding tussen die groter kerk en vereniging nie. Daar is wel ruimte vir ‘n verhouding tussen die gemeente (kerk) en vereniging. Dit bring egter ‘n veelheid van verhoudings te weeg. Verder word hierdie verhouding uitsluitlik deur die konstitusie beheer en val buite die opdrag van die AHK. Die gesprekke wel wel tydens die vergadering van die AHK gevoer was is dan ook in ooreenstemming hiermee.

Vervolgings word daar gekyk of enige van die twee standpunte deur die besluite van die BV oor die laaste 5 jaar geregverdig kan word.

Eerste standpunt:

Tydens die BV’s van 2013, 2014, 2015 en 2017 het dit duidelike ooreenkomste vertoon met die NHKA. Dit was ook die pad wat gestap is. Feitlik elke besluit m.b.t.  kerk en kerkorde wat geneem is, het hierop gedui. Hier volg enkele voorbeelde:

  1. Daar word nie kerk gestig nie want die GHG is die voortsetting van die ou NHKA. Kerkordelike vormgewing sal binne die raamwerk van die PSS val.
  2. Die gemeentes is vir die huidige as ecclesia completa.
  • Daar sal jaarliks ‘n bykommende sinodale vergadering wees waar daar besluite geneem sal word m.b.t. die sake wat die ouderlingevergadering nie self kan afhandel nie.
  1. Gemeentes is gebonde aan hierdie besluite en moet dit tot uitvoer in die gemeente bring.
  2. Tydens die BV kan opdragte aan komitees gegee word, welke komitees hierdie opdragte moet uitvoer en verslae aan die BV moet voorlê.
  3. Die komitees het geen ander bevoegdhede as om spesifieke opdragte soos deur die BV beopdrag, uit te voer nie.
  • Die Kuratorium is die enigste komitee met deurlopende funksies en wat die bevoegdheid het om besluite te kan neem wanneer die BV nie in sitting is nie.
  • Daar word weggedoen met die “Ring” van die NHKA wat jaarliks byeenkom. In 2014 word daar weer streke ingestel.
  1. Die gemeentes het nie gehuiwer om aanspreeklikheid vir sinodale-besteding te aanvaar nie.
  2. Bondsbydraes (heffings) word op die bruto inkomste van ‘n betrokke gemeente bereken.
  3. Die finansiële komitee ontvang duidelike opdragte oor sake soos deursigtigheid, aanspreeklikheid, bekostigbaarheid en verantwoording.
  • Daar sal jaarliks en naas die sinodale vergadering, ‘n tweede vergadering jaarliks plaasvind wat verantwoordelikheid vir die sinodale-besteding en -begrotings neem.
  • Gemeentes kan mandaat aan kundiges gee om namens hulle die vergadering by te woon en namens die gemeente te handel. Die stigting van die regspersoon het ten doel om die regspersoonlikheid te skep vir die hantering van finansies van die sinodale-struktuur, die beheer en die bestuur daarvan.
  • ‘n Skribaat word gestig
  1. ‘n Proponentsformule word aanvaar.
  • Kerkordelike besluite word geneem om Tugstappe teen predikante te akkommodeer.
  • Daar word ooreengekom oor die gebruik van sekere terme in die kerkorde.
  • Besluite word geneem om die onderskeid tussen kerk en vereniging duidelik te maak
  • Daar word opdragte aan die Finkom gegee om voorstelle te maak oor die skeiding van finansiële sake van die Bondsvergadering.
  1. Die ordereëls van ‘n kerkorde word goedgekeur.
  • Daar word tugstappe teen ‘n predikant afgehandel in terme van die gewysigde NHKA kerkorde.
  • Die bestuurskomitee gee opdrag dat agendas van die BV volgens die NHKA se agendas opgestel moet word.
  • Die bestuurskomitee neem besluit oor die grense van onafhanklikheid en praat van ‘ groter kerk en bedieningsveld van die GHG
  • In 2017 bevestig die voorsitter die onderskeid tussen kerk en vereniging.

So gesien vertoon die GHG duidelik ooreenkomste met die NHKA maar ook sekere verskille. Hierdie verskille is egter deeglik binne die verskillende modaliteite van PSS verantwoordbaar. Dit is verder duidelik dat wanneer dit by kerklike goedere kom, hetsy in die gemeente of op sinodale vlak, wil die gemeentes groter beskerming en inspraak teen magsvergrype en onoordeelkundige besluite hê. Hierdie tipe van kerk is nie vreemd aan die gemeentes nie. ‘n Vreemde verskynsel is die besluite oor teologiese sake wat per konsensus bereik moet word. Dit moet miskien teen die agtergrond van die historiese gebeure gesien word en is waarskynlik ‘n reaksie van wantroue wat ontstaan het. In wese kom dit daarop neer dat elke gemeente ‘n ingeboude vetoreg het. Binne die PSS is daar ander metodes om hierdie probleem aan te spreek. Die werking van die Heilige Gees kan nie op so ‘n wyse uitgesluit word nie.

Die tweede standpunt:

Dit hou in dat die GHG slegs ‘n samewerkende vereniging is. Dit wil gemeentes akkommodeer met samewerking oor teoloiese, finansiële- en administratiewe sake. Dit wil uit eie keuse nie kerk wees nie. Die redes hiervoor kan nie vanuit die notules afgelei word nie. Die een rede wat konstant herhaal word is dat dit die gemeentes wat in hofsake is, kan benadeel. Dit is onseker oor presies wat die benadeling kan wees. Die onderliggende verstaan is skynbaar dat daar niks is wat ‘n gelowige verhoed om te gelyk ‘n lidmaat van twee kerke te wees nie. Tog mag hy skynbaar nie betrokke wees by die ontstaan van ‘n tweede kerk nie. Dit maak regtig nie sin nie.

Soos reeds hierbo aangedui is daar weining indien enige besluite van die BVs wat hierdie standpunt kan ondersteun. Trouens, behalwe vir die medelings deur adv. Du Plessis tydens die BV -2016, is daar geen pertinente besluit wat daarop dui nie. Die mededelings van adv. Du Plessis strook nie met die besluite wat voorheen geneem is nie. Daar word bv. gestel dat die besluit wat die Finkom opdrag gee om regspersoonlikheid te vestig onder die hoof, Kerklike Goedere, geïnterpreteer moet word as dat daar besluit is dat die GHG slegs ‘n samewerkende vereniging sal wees. Dit verwys na die struktuur wat deur die BV-2013 verwerp is. As dit ‘n korrekte verstaan van die besluite is, sou dit beteken dat die BV letterlik dae aan besprekings en besluite oor sake soos kerkordes, sinodale vergaderings, sinodale-begrotings, onderskeide tussen finansiële en Bondsake, goedkeuring van kerkordes ens. sinneloos spandeer het. Dit sou tog onsinnig wees. Die feit dat die BV – 2016 nooit gevra was om hierdie verslag te aanvaar nie, spreek boekdele.

  • Gevolgtrekking:

Gegewe die besluit word daar tot die slotsom gekom dat die eerste standpunt die korrekte posisie soos per besluite van die BV reflekteer. Dit volg dan logiese daaruit dat die vereninging slegs ‘n “deel” van die GHG as geloofsgemeenskap uitmaak. Dit staan eerstens onder opsig van die Finkom en daarna die BV.

  • Beskrywingspunt: Kerkbegrip:

Hierdie beskrywingspunt is ook na die AHK verwys. Dit het ‘n ander dimensie na die tafel toe gebring. Dit volg op die beskrywingspunt deur Dr. Botma tydens die BV-2017 wat handel oor kerkbegrip. Hierdie beskywingspunt het ‘n besprekingspunt geword en geen besluit is daaroor geneem nie. Tydens die AHK se vergadering het dit egter ‘n baie prominente rol gespeel. Daarom moet dit in hierdie verslag aangespreek word.

Wanneer die besprekingspunt ontleed word dan dra dit besliste kenmerke van die Kongressionalistiese kerkbegrip. Tydens die AHK se vergadering is dit bevestig. In een van die amptelike publikasies van die GHG, Koervas (Junie 2018) blyk dit dat Ds. Oosthuisen op hierdie stadium onseker oor sy Skrifbeskouing is. Tog was hy tydens die AHK se vergadering dit eens met ds. Schoeman, advokate Du Plessis, dr. Otto en ouderling De Ridder dat Kongressionalisme die “engine van die Volvo (GHG)” moet wees.

Voormelde behoef meer agtergrond. Kongessionalisme word herken aan sekere kenmerke. Anders as in die PSS is die kerk nie ‘n organisiese geheel nie. Dit is ook nie ‘n openbaring van die liggaam van Christus nie. Kerk (gemeente)word gesien as ‘n toevallige vereniging van individue wat volgens hul vrye keuse ‘n vereniging vorm en waarin lidmate daaraan toegevoeg of weer weggelaat kan word. Dit is niks ander as ‘n menslike instelling waaraan die goddelike oorsprong van kerk ontbreek. Die lidmate bepaal self volgens vrye keuse die karakter daarvan. Kerklike (gemeentelike) mag en gesag is nie van God afkomstig nie maar word self deur die vereniging bepaal. Die kerke (gemeentes) kom byeen in ‘n jaarlikse – of in ad hoc kongresse om sake van gemeenskaplike belang te bespreek. Die besluite van hierdie kongresse is bloot ondersteunend, raadgewend en is nie voorskriftelik nie. Binne hierdie stelsel vervaag die rol van die amp van ouderling ten koste van die lerende ouderling. So ‘n kerkbegrip is strydig met die Kerkbegrip van die SH en is ook vreemd aan die gemeentes. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is die Baptiste.

Teen hierdie agtergronde moet daar nou weer na die GHG as vereniging gekyk word. Dit is inderdaad die ideale voertuig vir die Kongressionalisme. Dit is soepel genoeg om vryheid van die gemeentes te waarborg. Die nie-voorskriftelikheid van die besluite van die BV t.o.v. gemeentes maak dit moontlik dat elke gemeente onafhanklik kan bly en sy eie ding kan doen. Elke gemeente bepaal self sy pad. Daar kan nie in die huishoudelike sake van die gemeentes ingemeng word nie. Teologiese sake word op ‘n ietwat ander wyse hanteer. Elke gemeente het ‘n vetoreg om enige wysiging in leer en lewenskwessies te voorkom. As konsensus nie bereik kan word nie, al is dit net een gemeente, kan geen wysiging plaasvind nie. Dit is kontraktueel verskans. Die dominansie van die lerende ouderling is dan ook baie duidelik sigbaar. Slegs predikante kan as voorsitters van komitees verkies word. Saam vorm hierdie voorsitters die bestuurskomitee. Die komitee het alle mag om besluite te neem wat in ooreenstemming met die doelwitte van die GHG is. Voeg daarby predikantevergaderings en byeenkomste en die gesag is reeds gevestig.

  • Gevolgtrekking:

Ten spyte van die skeuringsgeskiedenis en besluite wat in die verlede deur BV’s geneem is wil dit lyk asof dit die rigting is waarna toe die GHG gestuur word. As dit die geval is, is hier ‘n perd van ‘n ander kleur aan die werk. Dan val die regsredes vir die nie-kerk dan ook plat. Dit wil voorkom asof die GHG stadig maar seker voorberei word vir hierdie ander kerkbegrip en die verwagting is dat meeste van die beskrywingspunte vir die BV-2018, subtiel die akker hiervoor gaan voorberei. Dit sal waarskynlik in die vorm van ‘n mengelmoes van die PSS (teologiese sake) en vereniging (wêreldse sake) verbloem word.

Hoe dit ookal mag wees, elke gemeente sal self hieroor moet besluit.

  • Het daar ‘n struktuele kerk gevorm of totstand gekom?

Dit is jaarliks gestel dat geen kerk gestig word nie. Geen besluit kon gevind word wat bevestig dat daar op enige stadium ‘n pertinente besluit geneem is om kerk te stig nie. Dit sou egter ook vreemd aan die Reformatoriese tradisie wees. Kerk ontstaan of vorm wanneer daar ‘n geloofsgemeenskap ontstaan wat eens is oor die verstaan van die Skrif, belydenisskrifte en kerkordelike reëlings. Vanuit hierdie hoek moet die vraag bevestigend geantwoord word. In die GHG was daar eensgesindheid oor al drie die sake hierbo gestel. Dit is tydens die BV-2013 al bevestig. Die aangeleentheid rondom die kerkorde behoef ‘n verdere verduideliking. Volgens adv. Du Plessisis is nog geen kerkorde aanvaar nie. Dit is inderdaad so dat ‘n volledige kerkorde nog nie aanvaar is nie. Tog is daar tydens die BV -2013 is besluit om die NHKA se kerkorde te volg. Dit is tog ‘n gemeenskaplike verstaan van ‘n kerkorde wat by ooreenkoms toegepas word. Tydens die BV-2014 is daar sekere wysigings daaraan goedgekeur sodat dit sinvol in die GHG gebruik kon word. Teen 2015 is die ordereëls van ‘n kerkorde aanvaar. Dit word verder onderskryf deurdat daar telkens verwys word na die GHG as ‘n voortsetting van die NHKA voor 2010 met sy tradisies ens. Dit sluit tog sekerlik ook die NHKA se kerkordelike reëlings in. Geen besluit wat die kerkordelike reëlings van die NHKA uitsluit, kon gevind word nie. Die werksaamhede van die BV oor ‘n tydperk van 5 jaar kan ook nie geïgnoreer word nie. Dit vertoon nie net kerk nie maar handel ook soos ‘n kerk. Die besluit van die bestuurskomitee om die NHKA se agendapunte te volg bevestig dit. Die gevolgtrekking is dat die GHG reeds kerk geword het.

As daar vanuit die verenigingshoek gekyk word dan lyk die prentjie so. Daar is ooreenkoms oor die verstaan van Skrif en belydenisse. Daar is geen kerkorde nie maar daar is ‘n konstitusie wat die organisatoriese sake hanteer. Daar is ooreengekom dat daar oor teologiese sake by wyse van konsensus besluite geneem sal word. Ander besluite word deur meerderheidstem bepaal. Die oogmerk van al hierdie reëlings is samewerking, ondersteuning en hulp aan die plaaslike volwaardige kerk. Daar is konsensus oor sake soos die akkreditasie van predikante, hul opleiding ens. Wanneer die GHG vergader hanteer dit sake soos ‘n kerk. Daar kan moeilik geargumenteer word dat die GHG nie ‘n “kerk” geword het nie. Soos Dr. Botma dit stel, die gemeentes wil nie op hierdie stadium oorgaan tot kerkstigting “soos dit deur die NHKA verstaan word nie” (BV – 2017: BEP 8.1). Dat hier egter wel iets soos ‘n kerk ontstaan het, kan moeilik verwerp word. Dit lyk net anders as die NHKA.

Dit word vertrou dat die Bondsvergadering hierdie verkorte verslag so sal aanvaar en dat dit sal by dra tot ‘n sinvolle bespreking, besinning en besluite.

U broeder in Christus

Ouderling Jan Greyling

Sekretaris van die AHK

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s